Meer oor ons…



DE ADELAAR SA BOERPERD STOET


De Adelaar SA Boerperd Stoet is gelee op De Adelaar Landgoed buite Cullinan
EIENAAR’S: Johan Kruger, Stephan Kruger, Neil du Preez, Marius Liebetrau en Ezanne Liebetrau
JAAR VAN REGISTRASIE: 2022
KONTAK BESONDERHEDE : 076 683 9866 / sab@deadelaar.co.za
HOEKOM HET ONS DIE STOET BEGIN?
Ons het ons liefde vir perde by ons oupa geërf – Sy passie vir genetika en om kwaliteit perde te teel, het gelei tot die stigting van De Adelaar SA Boerperd Stoet.
Ons glo sterk in die eienskappe van die SA Boerperd en wil bydra tot die groei en ontwikkeling van die ras.
MET WATTER PERDE HET ONS BEGIN?
Ons eerste SA Boerperd merries Generaal Aitsa en Burgerstrots Capri, se geaardhede en maklike leer en ry vermoë, het ons laat besluit op die ras.
Ons het nog ander SA Boerperde van verskeie Boerperd stoete aangeskaf met Ou Cloete Bloed lyne, naamlik Cloete Eggo Elvis, Jas en Klinker, asook Carel Hancke Sieraad, Lang Carel Poppelier en Basta.
Ons begin ons stoet met merries – Calela Okasie, Heronmere Penny, Heronmere Lilly, Disselboom Liefling, Geepad Naomi, Boschendal Lente en Linel Ida’s Moon.
De Adelaar A Queen Nova ons eerste vul is gebore op 5 November 2022, ‘n pragtig slim vul waarmee ons net kan spog.
VISIE & MISSIE
Die visie wat ons het is om na De Adelaar SA Boerperd Stoet te verwys as ‘n top verskaffer van kwaliteit geteelde, goeie temperament en veelsydige perde.
Om ons visie te bereik, is ons missie om te verseker dat slegs kwaliteit perde geteel word.
Geregistreerd, met goeie bloedlyne en rasegte perde.
Ons beoog om ook ‘n stewige besigheidstruktuur te bou wat ons in staat sal stel om sodoende ons doelwitte makliker te bereik.
TOEKOMSPLANNE
Ons beoog om topklas perde te teel om ons drome en passie te verwesenlik.
Om kinders en jong ruiters ‘n geleentheid te gee om hulle passie in die perde sportswereld uit te leef.
Ons kinders die geleentheid te bied om op hul eie SA Boerperde mee te ding.
Die perde te gebruik op ons familie vakansieplaas vir plesier.
Om meer jong ruiters aan ons ras voor te stel en die ras soveel as moontlik te bevorder.
Ons is heeltemal toegewyd en passievol oor die stoet en ras.
Die teel van toekomstige kampioene te teel en ambassadeurs vir die ras te skep.
Goeie grondslag vir jong perde is noodsaaklik en skep ‘n perd met ‘n fantastiese temperament vir die toekoms.
STOET AKTIWITEITE & BETROKKENHEID
Ons wil oor baie dissiplines meeding met ons jong ruiters.
Ons besit ook ‘n roetery fasiliteit, wat wissel van beginners tot gevorderde ruiters en beoog om ‘n fasiliteit daar te stel, om te wys hoe veelsydig die ras is.
ANDER
SA Boerperd is ‘n ras vol geleenthede wat vir ons gebied word.
Ons het begin as nuwe telers deur net ons passie voluit te leef.

